Op 22 Maart 2024, omstreeks 20:00 MSK (UTC+3), het 'n gekoördineerde terreur aanval plaasgevind by die Krokus Stadsaal-musieklokaal in Krasnogorsk, 'n Russiese stad aan die westelike rand van Moskou. Verskeie gewapende mans het 'n massaskietery uitgevoer op die mense wat by die lokaal vergader het en brandtoestelle gebruik om die lokaal aan die brand te steek.[1] Die aanval het ten minste 143 mense gedood,[2] met meer as 145 beseer, wat dit die dodelikste terreuraanval in Rusland sedert die Beslanskool-gyselaardrama in 2004 maak.[3][4]
Rusland se ministerie van buitelandse sake het die voorval as 'n terreuraanval bestempel.[5] In 'n verklaring wat kort na die aanvalle deur die telegramkanaal van Amaq News Agency uitgereik is, het die Islamitiese Staat – Khorasan Provinsie (IS-KP of ISIS-K), 'n Suid-Sentraal-Asië-gebaseerde streeksfiliaal van die Islamitiese Staat, verantwoordelikheid aanvaar. [6][7][8]